.

Beeldmateriaal van die voorval is verlede week wyd op die internet gedeel. Daarin kan gesien word hoe die werker ’n hawelose eers tart met ’n hamburger, en toe die man nader staan om dit te vat, gooi die werker ’n beker water in sy gesig uit.

macd1

Die persoon agter die kamera begin toe lag, terwyl die hawelose man verstom vra: “Waarom doen jy dit?”

Hoewel party mense dié voorval as ’n grap beskou het, was dit gou duidelik die meeste internetgebruikers stem nie saam nie. Dis gou afgemaak as “siek” en “walglik”.

Daar is selfs ’n skarefinansieringsblad begin om die hawelose, bekend as Willie, by te staan.

Macd2

Intussen het McDonald’s bevestig die werker, wie se naam nie bekend gemaak is nie, is afgedank.

“Ek is baie ontsteld deur die onvanpaste optrede van hierdie werknemer,” sê Wise Finley, eienaar van die betrokke McDonald’s. “Dit gaan nie deur die organisasie geduld word nie.”

“Ek verwag dat my werknemers almal met waardigheid en respek hanteer.”

Bronne: Mirror; Metro