Die Amerikaanse Consumer Product Safety Commission het Maandag gesê twee kinders het na bewering stukkies van die fluitjie ingesuig. Een kind moes mediese behandeling ontvang.

Die veiligheidsagentskap het gesê dele van die Hello Kitty Birthday Lollipop kan losmaak en ingeasem word, wat ’n risiko vir klein kinders inhou. McDonald’s het gesê sowat 2,5 miljoen fluitjies is vervaardig, maar die meerderheid is nie na restaurante gestuur nie. Hulle het gesê hulle het sowat 1,6 miljoen fluitjies teruggekry, insluitend dié wat nooit winkels gehaal het nie.

Die speelgoed is in Oktober en November in Amerika en Kanada by Happy Meals en Mighty Kids Meals ingesluit. Verbruikers kan die fluitjie na enige tak neem en gratis ’n ander speelding kry.

Hoe gemaak wanneer ’n kind verstik?

-        Laat iemand hulp ontbied terwyl jy die kind bystaan, of as jy alleen is, moet jy eers die kind bystaan en dan hulp ontbied.

-        Kry die kind in ’n staande posisie.

-        Gebruik jou handpalm en slaan hard teen hul rug. Mik na tussen die skouers. As daar iets in die kind se lugweg vassit, moet jy liefs die Heimlich-beweging uitvoer; die houe kan die voorwerp vêrder in die lugweg indring.

-        Staan agter die kind met jou bene wyd uitmekaar sodat jy jou kan staal as die kind val.

-        Vou jou arms om hul lyf en maak ’n vuis met die hand wat naaste aan hul liggaam is. Hou dit net bokant die naeltjie.

-        Gee vyf vinnige, kragtige, inwaartse en opwaartse drukke. Wees versigtig om nie die kind te beseer nie, veral as hulle jonk is.

-        Ontbied onmiddellik hulp nadat die voorwerp verwyder is en laat die persoon mediese behandeling kry.

Bronne: : www.wikihow.comwww.mayoclinic.org,