Sy verskyn volgende Woensdag weer in die hof op aanklag van manslag.

Die klag spruit uit onbevestigde berigte dat Marietjie by Mundolene se dood betrokke was. Die 17-jarige tiener het Woensdagaand inmekaargesak en gesterf, glo nadat sy en haar stiefma in ’n rusie betrokke was.

Die ondersoekbeampte, inspekteur S. Coothen, het aan Huisgenoot bevestig Marietjie sal Woensdag in die Mauritiaanse hooggeregshof in Port Louis verskyn. Coothen kon nie bevestig by watter polisiekantoor sy intussen aangehou word nie.

“Hierdie is nie ’n klein saak nie,” het Coothen ernstig bygevoeg. “Dis manslag.”

Volgens Coothen word die saak nog ondersoek en geen sprake van borgtog is geopper nie. Hy kon ook nog nie bevestig of Marietjie al om regshulp aansoek gedoen of iemand aangestel het nie.

Hierdie video van 'n Franse dagblad in Mauritius wys glo hoe Marietjie in hegtenis geneem word: