[caption id="attachment_139962" align="alignnone" width="600"]Fotosamestelling: YouTube, Teleplus; Facebook Fotosamestelling: YouTube, Teleplus; Facebook[/caption]

Haar man Mike, Mundolene se pa, wat steeds in die buiteland werk, vertel Marietjie kan darem twee keer per week uit die tronk vir 10 minute op ’n slag bel.

Sy bel meestal onderskeidelik vir hom en hul 11-jarige seuntjie. Marietjie se seuntjie en Mundolene se halfboetie bly by ’n au pair in Margate, KwaZulu-Natal terwyl Mike in die mynwese in die Kongo werk.

Kyk ook: Mundolene Vosloo en haar pa se roerende video voor Mauritius-tragedie – eksklusief

“Dit gaan soort van oukei, daar is baie reëls en dinge waaraan sy gewoon moet raak,” het hy Vrydag in ’n WhatsApp-boodskap aan Huisgenoot vertel.

’n Nadoodse ondersoek het getoon Mundolene is weens bloeding op die brein dood, waar haar stiefma haar by die luukse Hotel Riu Creole bygedam het nadat hulle oor handdoeke stry gekry het.

Volgens insp. Shiva Coothen, polisiewoordvoerder, is daar geen vooruitsigte om Marietjie op borgtog vry te laat nie en sal sy in alle waarskynlikheid oor Kersfees nog in aanhouding wees.

“Sy het niemand hier nie, sy het nie geld nie en sy het nêrens heen om te gaan nie,” het hy oor Marietjie se situasie gesê.

Lees ook: Wat weet ons tot dusver oor die raaiselagtige dood van Mundolene Vosloo?

’n Mens moet minstens ’n bewys van ’n permanente adres op die eiland kan lewer voor borgtog oorweeg kan word. Sy sal na verwagting weer op 17 November in die hof in Bambou verskyn.

Mundolene se bloedbroer (14) Mike se kind saam met haar ma, Mariska van Heerden, bly in Springs.

Insp. Shiva vertel die hof gaan eers ’n voorlopige ondersoek hou voordat hulle kan bepaal of sy van moord of strafbare manslag aangekla gaan word.

“Die saak gaan nog lank neem. Daar word na haar veiligheid kyk waar sy in die sentrale gevangenis in Bambous aangehou word.”