Marietjie, sy tweede vrou, word in verband met Mundolene se dood van manslag aangekla en is steeds in aanhouding op Mauritius. Sy is Mundolene se stiefma.

Tyron Bothma, Mundolene se kêrel, het aan Huisgenoot gesê die begrafnisreëlings is nog nie afgehandel nie, maar dat dit ’n private geleentheid vir familie en nabye vriende sal wees.

Dit sal voorlopig hierdie Vrydag, na verwagting in Springs aan die Oos-Rand, plaasvind.

Mundolene is verlede week dood na sy glo deur Marietjie by ’n luukse hotel op die eilandparadays geklap en geslaan is.