Die bestuur van die luukse hotel op Mauritius waar die Oos-Randse tiener Mundolene Vosloo (17) Woensdag dood is gee hul “volle samewerking” aan die polisie.

[caption id="attachment_139907" align="alignnone" width="600"]Die swembad en kroeg by die hotel Riu Le Morne op Mauritius. Foto: TripAdvisor Die swembad en kroeg by die hotel Riu Le Morne op Mauritius. Foto: TripAdvisor[/caption]

Inigo Berapain, bestuurder van die vierster Riu Le Morne, aan die eiland se suidwestelike kus, sê hy kan nie veel kommentaar lewer nie omdat die polisie se ondersoek nog nie afgehandel is nie.

Lees ook: Mauritius-tragedie: Patoloë sê dis hoe Mundolene Vosloo dood is

Mundolene het Dinsdag saam met haar pa, stiefma en twee broers op die eiland aangekom.

Die gesin het glo uitgesien na wat hul “droomvakansie” sou wees.

Lees ook: Skokgerugte ná SA tiener dood in Mauritius aangetref word

Berapain wou nie besonderhede gee tot wanneer die Vosloos daar sou bly of aan watter vakansie-aktiwiteite hulle deelgeneem het nie.

Die hotel bestaan uit 218 kamers en beskik oor ’n watergimnasium, ’n spa, vyf restaurante, twee swembaddens en is op die strand geleë. Hy kry ’n gemiddeld van vier sterre op TripAdvisor.

[post-slider]