Marietjie Vosloo, wat in Mauritius aangehou word weens die dood van haar 17-jarige stiefdogter, sal Donderdag weer in die hof verskyn.

[caption id="attachment_139962" align="alignnone" width="600"]Fotosamestelling: YouTube, Teleplus; Facebook Fotosamestelling: YouTube, Teleplus; Facebook[/caption]

Insp. Shiva Coothen, woordvoerder van die polisie op dié eiland, sê Marietjie is met haar vorige verskyning in die landdroshof in Bambou, van regsverteenwoordiging voorsien.

“Die ondersoek is nog aan die gang,” sê Coothen.

Lees ook: Mauritius-tragedie: Wat weet ons tot dusver oor die raaiselagtige dood van Mundolene Vosloo?

“Die dame moes in polisieaanhouding bly tot die ondersoek voltooi is.

“Dit is nou in haar regsverteenwoordiger se hande of hy Donderdag met haar verskyning ’n aansoek om borgtog gaan bring.

“As sy nie op borgtog vrygelaat word nie, sal sy na die plaaslike tronk oorgeplaas word.”

Lees ook: Mauritius-tragedie: ‘Ek het nie meer trane oor nie,’ sê Mundolene se pa

Marietjie (33) is op 5 Oktober in hegtenis geneem nadat sy glo haar stiefdogter, Mundolene (17) bygedam en dié leerling van die Hoërskool Hugenote in Springs in mekaar gesak het. ’n Nadoodse ondersoek het getoon Mundolene is weens bloeding op die brein dood.

Marietjie, Mundolene, Mike Vosloo, Mundolene se pa en Marietjie se man en Mundolene se twee broers (wie se name nie bekend gemaak kan word nie omdat hulle minderjarig is) het die vorige dag vir ’n weeklange vakansie in Mauritius aangekom.

Hulle het by die Hotel Rio Creole-oord tuisgegaan. Die voorval tussen Marietjie en Mundolene het by dié hotel se swembad plaasgevind.

KYK FOTO’S: Hartverskeurende toneel by Mundolene Vosloo se begrafnis ná Mauritius-tragedie

Marietjie is sedert haar inhegtenisname in polisie aanhouding.

Coothen sê sy word alleen in ’n sel aangehou.

“Die dame is baie gelukkig met die wyse waarop sy behandel word,” sê Coothen.

Lees ook: Boeties se roerende brief aan hul lieflingsussie

“Sy kry al die regte van ’n aangehoudene soos regsverteenwoordiging, kos en klere.”

Volgens Coothen moet ’n formele klag nog teen Marietjie gebring word. Tans word ’n voorlopige klag van moord ondersoek, maar die finale klag sal eers duidelik wees sodra die ondersoek voltooi is.