Nadat die familie wit duiwe vrygelaat het, het Mundolene se pa, Mike Vosloo, aan Huisgenoot gesê: “Ek dink nie ek het meer trane oor om te huil nie. Hoe sal ons ooit hierdeur kom?”

Mike en sy twee seuns (11 en 14) was van die kisdraers. Die roudiens het by die NG kerk Presidentsoord in Springs plaasgevind.

Lees ook: Boeties se roerende brief aan hul lieflingsussie

Mariska van Heerden, Mundolene se biologiese ma, het lank nadat die lykswa weg is, steeds op vriende en familielede se skouer gehuil.

Ná die diens het Mundolene se klasmaats ’n erewag gehou toe die kis uitgebring is. Mariska het die eerste wit-en-swart ballonne simbolies van hul rou die lugruim ingestuur. Daarna het ook haar stiefpa, Johan, haar pa, Mike, en haar kêrel, Tyron Bothma, hul ballonne laat gaan.

Ds. Francois Gouws het in sy boodskap uit Lukas 24:13 tot 35 die rouklaers probeer bemoedig op hul worstelpad, ’n plek waar daar nie antwoorde op hul vrae is nie.

Lees ook: Hartverskeurende foto's by Mundolene se erediens

In ’n laaste boodskap aan sy dogter het Mike haar gevra om hom te vergeef dat hy haar nie in haar laaste oomblikke op aarde kon beskerm nie.

Die Huisgenoot-fotograaf Martin de Kock het van dié roerende oomblikke vasgevang:

Duiwe en ballonne is na afloop van die erediens vrygelaat.

m1

m2

Hartverskeurende oomblikke toe Mundalene se biologiese ma, Mariska van Heerden, 'n blom op haar dogter se kis neerlê.

m3

m4

m6