.

[caption id="attachment_139843" align="alignnone" width="600"]Mundolene Vosloo is dood in Mauritius gevind. Foto: Facebook Mundolene Vosloo is dood in Mauritius gevind. Foto: Facebook[/caption]

Mundolene, ’n leerder aan die Hoërskool Hugenote in Springs, het verlede Woensdag inmekaargesak nadat haar stiefma haar glo bygedam het.

Sy was tydens die voorval saam met haar pa, Mike Vosloo, twee broers (wie se name nie bekend gemaak mag word nie omdat hulle minderjarig is) en haar stiefma, Marietjie Vosloo, vir ’n week lange vakansie in Mauritius.

Lees ook: Wat weet ons tot dusver oor die raaiselagtige dood van Mundolene Vosloo?

Hulle het Dinsdag in Mauritius aangekom en by die Hotel Riu Creole-oord tuisgegaan.

Marietjie is verlede Woensdagaand op ’n aanklag van strafbare manslag in hegtenis geneem.

Mundolene se roudiens sal Vrydag in Springs gehou word.

Lees ook: Kêrel deel video van hartseer deuntjie spesiaal vir Mundolene

Mike kon op versoek van Mudolene se ma, Mariska van Heerden, nie verdere besonderhede vir die roudiens gee nie omdat daar juis reeds so baie mense by die diens gaan wees.

“Ons verwag in die stadium meer as 3 000 mense,” het hy aan Huisgenoot gesê.

“Die begrafnis sal deur familie en grotendeels vriende bygewoon word. Sy het een enorme vriendekring gehad. Daar is nie nog sitplek vir mense nie. Van haar skoolvriende gaan buite staan.”

Mike sê Mundolene sal veras word.