Mike Vosloo en sy twee seuns (11 en 14 jaar oud) was onder die draers wat sy dogter se geelhoutkis by die NG Kerk Presidentsoord in Springs vir haar roudiens ingebring het.

[caption id="attachment_140897" align="alignnone" width="600"]Fotosamestelling: Martin de Kock, Facebook Fotosamestelling: Martin de Kock, Facebook[/caption]

Voor in die kerk was ’n foto van Mundolene (17), sy sprankelmeisie, hul “Wyntjie”, in ’n geel sonrok. Haar klasmaats en familie het geween terwyl foto’s van haar grootwordjare op ’n grootskerm vertoon is.

Lees ook: Wat weet ons tot dusver oor die raaiselagtige dood van Mundolene Vosloo?

Mundolene is dood na sy verlede week op die vakansie-eiland Mauritius glo deur haar stiefma, Marietjie, geslaan is. Marietjie is in aanhouding daar en word van manslag aangekla.

So het Mundolene se boeties roerend afskeid van hul sussie geneem:

“Sussie, ek sal altyd lief bly vir jou. Jy’s my alles. My herder. Ek mis jou en jy’s die een wat altyd opgestaan het teen die seuns wat moeilikheid gesoek het met my en hulle uitgesort het en ek is bly daarvoor en ek is so, so, so, so dankbaar vir die tye wat jy in my lewe kon wees en jy sal altyd in my hart bly en ek wens ek kon jou hier by my hê, ons almal doen, maar ja, jy’s in ’n beter plek en ja, ek is ook baie, baie dankbaar dat jy daai wonderlike boodskap uit die hemel vir my gestuur het of altans ons almal en ek mis jou en lief jou baie my herder en sussie. Love you lots en RIV ek is ontsettend lief vir jou. Maak die engele daar bo gelukkig. Maak hulle dans en dis al LOVE you sussie. - Boetie (11)

“My sussie. Ek sal altyd lief wees vir jou en jou nooit vergeet nie. As jy so hard lag by die skool dan koes ek maar met ek wat probeer van jou wegkruip. Ai my sus, ek het nie woorde nie. Jou lag jou malligheid jou musiek. Ai dit gaan ek baie mis jy is altyd in my hart en hoe jy almal se kos eet. Ek is ontsettend lief vir jou en ek gaan jou baie mis ek voel so leeg sonder jou maar ek sal jou nooit vergeet nie.” - Boetie (14)

’n Hartverskeurende toneel by Mundolene se begrafnis

[caption id="attachment_140852" align="aligncenter" width="600"]Foto: Martin de Kock Foto: Martin de Kock[/caption]

mun2

mun3

mun4

mun6

mun7

mun8

mun9

mun10

mun11