Maurice het reeds op 26 Augustus teruggekeer as die aanbieder van Veldfokus op 50/50 wat Maandae om 19:30 op SABC2 uitgesaai word. Hy word per geleentheid ook ingespan om van die insetsels op 50/50 te vervaardig.

Dit is Maurice se derde seisoen op 50/50. “Dit is my manier om ’n geringe bydra tot die bewaring van ons omgewing en natuurlewe te lewer,” het hy in ’n persverklaring gesê.

Noudat Maurice daagliks ’n omroeper is op Smile 90.4FM, beplan hy om naweke af te staan om veldwerk-insetsels vir 50/50 te verfilm. Dié program vier vanjaar 30 jaar op Suid-Afrikaanse televisie.

Maurice maak ook binnekort sy buiging in ’n episode van die sepie Generations.