Dit beteken die Hollywood-hartebreker het sowat R1,5 miljoen gekry vir elke sekonde wat hy in die Britse advertensie te sien is. Grant Heslov was die regisseur.

“Matt is een van die min Hollywood-sterre wat die meeste advertensies en bemarkingsgeleenthede afgekeur het, maar dié een het groot geld betaal en hy sou werk met mense wat hy vertrou: sy medester George Clooney en Grant Heslov, die vervaardiger van sy fliek Monuments Men.

George is sedert 2006 die Nestlé-koffiehandelsmerk se gesig en die reklameflitse handel gewoonlik oor sy onweerstaanbare sjarme met die vroue. In die nuwe advertensie, getiteld In the Name of Pleasure, gee ’n aantreklike vrou wat liewer haar koffie alleen wil drink, George die koue skouer deur aspris ’n groep aanhangers op die ster van The Descendants se spoor te sit sodat hy haar kan uitlos. In ’n korter weergawe van die reklameflits doen George dieselfde met Matt sodat hy sy koffie in rus en vrede kan geniet.