Matt Damon is bekommerd oor geld.

Die 42-jarige akteur kan enigiets tussen R2,5 miljoen tot R5 miljoen per dag verdien wanneer hy aan ’n groot fliek werk, maar hy erken dat hy steeds soms bekommerd is oor wat hy in die bank het, ingeval die Amerikaanse dollar skielik waarde verloor.

Hy het aan Geoff Lloyd van Absolute Radio gesê: “Ek meen, ’n mens kan enigiets van ’n kwartmiljoen tot ’n halfmiljoen dollar inbring; jy weet dit hang eintlik af van wat jy op daardie dag skiet.”

Hy het bygevoeg: “Ek is bekommerd oor die ekonomie in die algemeen, um, jy weet . . . die dollar! Dit sal nie veel werd wees as dit val nie.”

Ten spyte van sy suksesvolle loopbaan as akteur en filmmaker, erken die Elysium-akteur – wat al ’n Oscar, ’n Golden Globe, en in 2007 ’n ster op die Hollywood Walk of Fame gekry het – dat hy gedurig nagmerries kry waarin hy nie sy woorde kan onthou nie.

Hy het verduidelik: “Daar is baie van, jy weet, die stresdrome, die werkstresdrome. Ek kry steeds die een wat alle akteurs kry: Jy is op die verhoog is en jy weet nie watter toneelstuk jy doen nie. Ek kry nog daardie een en ek dink die meeste akteurs kry dit ook. Ek dink dit hou nooit op nie.”