Die geselsprogramaanbieder Julie Chen het vroeër vandeesmaand onthul George se vrou, Amal, verwag twee bondeltjies vreugde. Julie het Donderdag tydens ’n onderhoud met Matt op The Ellen DeGeneres Show aan die pa van vier gevra wat hy gedink het toe George hom vertel hy gaan pa word. “Hy het vir my gesê: ‘Wel, jy het vier,’ ” het die akteur gelag. “En toe sê ek: ‘Ja, maar nie almal tegelyk nie. Ons het dit een op ’n slag gevat. Ek weet nie hoe enigiemand ’n tweeling baasraak nie. Daardie slapelose nagte . . . en daar is twee van hulle? Daar is eenvoudig nie ’n manier nie. Maar ons sal maar sien.”

A post shared by Alwyn (@alwynhk) on

Matt en Luciana Barroso het drie dogters, die 10-jarige Isabella, die agtjarige Gia en die sesjarige Stella, en Luciana het ook ’n dogter, Alexia Barroso, uit ’n vorige verhouding.

George (55) en Amal (39) gaan luidens berigte ’n seun en ’n dogter ryker word. ’n Bron na aan die akteur sê hy is half skrikkerig om so laat in sy lewe vir die eerste keer pa te word. “Hy is opgewonde, maar senuagtig,” het die ingeligte bron aan people.com vertel. “Hy is opgewonde oor die kinders, maar het ook die natuurlike vrese wat ouerskap meebring.” George bly een van die gewildste en suksesvolste akteurs in Hollywood. Een van sy laaste rolprent, Money Monster, is in 2016 uitgereik. Terwyl hy hom regmaak om die tweeling te ontmoet, het George glo “geskimp hy kan ’n bietjie verlof vat”. “Dit sou baie ongewoon wees vir hom, maar nou maak alles sin. Hy gaan die beste pa ooit wees,” het die bron bygevoeg.

A post shared by Us Weekly (@usweekly) on

Amal, ’n menseregteprokureur, skaal ook haar werk af noudat sy swanger is, en sy het geweier om gevaarlike sendings te onderneem nadat sy gehoor het sy verwag.

Die brunet se koesterende persoonlikheid was een van die dinge wat George aanvanklik na haar aangetrek het. Die bron voeg by dit bewys sy gaan ’n “wonderlike ma” wees.

“Intelligent, liefdevol, snaaks, slim, koesterend. Sy lyk nie na die mens wat kinders sal laat wegkom met die feit dat hulle uit Hollywood kom nie,” het die bron afgesluit.

© Cover Media