“Ek is in geweldige skok want ek het so pas van my Van der Ryst-familie die nuus gekry dat my neef, Dawie van der Ryst, aan ’n hartaanval gesterf het terwyl hy en sy vrou met hul honde van hul huis in Knysna gevlug het.


Dawie het die motor gestop, uitgeklim en vir oulaas na hul huis en besittings gekyk wat in vlamme opgegaan het. Hy het ineengestort en gesterf.

My hart gaan uit na Eslabé, hul kinders en kleinkinders, sowel as diegene wat ook verpletterd gelaat is deur hierdie afgryslike brand.”

Ons innige simpatie met jou verlies, Annelize.