'n Agttienjarige matrikulant van Sao Bras Sekondêre Skool in Mosselbaai het Sondag vier verdiepings ver na sy dood geval.

Volgens die Mossel Bay Advertiser het Waldon de Jager by vriende in die Bayview Manor-woonstelle gekuier. Waldon en 'n sewejarige kind was ten tyde van die voorval op die balkon terwyl sy vriende binne die woonstel was. Waldon het glo teen die glaspaneel geleun waarna die glas meegegee het en hy agtertoe getuimel het. Die sewejarige het alles sien gebeur. Die tragiese voorval het plaasgevind enkele dae voor die matriekuitslae van 2015 op Woensdag, 7 Januarie 2016 bekend gemaak sal word. Geen gemene spel word vermoed nie.

Bronne: mosselbayadvertiser.com, kemptonexpress.co.za

Lees ook: Sewejarige verdrink in Margate-swembad

Lees ook: Ma kom af op matriekdogter wat haarself hang