Net vier dae voordat sy haar laaste vak sou skryf, is ’n matriekleerling aan die Sekondêre Skool Scottsdene in Kraaifontein deur ’n trein doodgery.

Volgens Netwerk24 het Meagan Smith (18) Saterdagmiddag oor ’n treinspoor naby die Meerlust-wynlandgoed buite Stellenbosch gestap toe ’n trein haar getref het.

“Dit is vir ons baie sleg. Meagan sou beslis geslaag het. Haar droom was om eendag haar eie restaurant te bestuur. Die ander matriekleerlinge is baie getraumatiseerd,” het die skoolhoof, Karel Cupido, gesê.

Hy is egter bekommerd oor die res van die matriekklas omdat hulle nog belangrike vakke het om vandeesweek in die matriekeksamen af te lê.

Die hele matriekklas skryf Woensdagoggend die derde vraestel van Engels huistaal of eerste bykomende taal.

Meagan moes nog net dié vraestel aflê voordat sy haar matriekeksamen voltooi het.

“Ek het met haar pa gepraat en hy sê sy was so positief oor die eksamen,” het hy gesê.

“Sy het glo goed gevoel oor al die vraestelle wat sy reeds geskryf het.”

Die hoërskool hou Maandagoggend vir haar ’n roudiens.

Bron: Netwerk24

Lees ook op Netwerk24: