Vanjaar se matrieks het besluit om eerder met humor deur hierdie moeilike tyd te kom en het daarom ’n Instagram-rekening geskep waar hulle die draak steek met hul “stryd”. Die profiel, Matrieks2016, vra ander matrieks om ook hul memes oor die eindeksamen te deel. En die resultaat is skreeusnaaks. Kyk hier na van die snaakste memes wat ons laat skaterlag het: Oor daai wiskundevraestel wat uitgelek het:

A photo posted by Matrieks 2016 (@matrieks.2016) on

Wanneer jou sosiale lewe onder die druk begin ly:

A photo posted by Matrieks 2016 (@matrieks.2016) on
Wanneer jy nog net by vraag een is, maar almal anders het al verder as jy gevorder:
Alle matrikulante ervaar hierdie gevoel:
Hoe vinniger ons begin, hoe vinniger is ons klaar:
Drink om te verken of te vergeet?
Dis nie altyd vir almal ewe maklik nie!

Sterkte, matrieks! Dis amper iets van die verlede!