Jy het weke lank agter jou boeke geswoeg, die uitmergelende eksamen deurgemaak en nou bly nog net een ding oor: jou uitslae.

[caption id="attachment_144173" align="aligncenter" width="600"]Foto: wikimedia.org Foto: wikimedia.org[/caption]

Die goeie nuus is dat jy vooraf kan registreer om jou matriekuitslae te ontvang sodra dit bekendraak. Klik eenvoudig hier en voltooi die vorm.

Die matriekuitslae word op verskillende tye bekendgemaak, na gelang van die soort eksamen wat jy afgelê het en waar jy woon.

Die punte van die leerders wat die Onafhanklike Eksamenraad (ook bekend as IEB-skole) se eksamens afgelê het, is op 30 Desember om middernag bekendgemaak.

As jy die tradisionele eksamens vir ’n senior sertifikaat afgelê het en nie in die Wes-Kaap woon nie, sal jou punte op 5 Januarie om 06:00 beskikbaar wees.

Dié leerders wat in die Wes-Kaap woon en die seniorsertifikaat-eksamens afgelê het, kan hul punte om 05:00 op 6 Januarie verwag.

Onthou om betyds te registreer sodat jy  jou punte dadelik kan kry sodra dit beskikbaar is!