’n Matriekleerder aan die Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong (Naboomspruit) het haar Maandagaand in haar koshuiskamer opgehang, berig Netwerk24.

Die skool het laat Maandagaand op hul Facebook-blad ’n kennisgewing geplaas dat die skool vandag (Dinsdag) gesluit gaan wees nadat die 17-jarige haar lewe geneem het.

Die skoolhoof, George Klopper, het leerders en ouers ingelig dat vandag se eksamen uitgestel is tot ná die skoolvakansie. “Dit is nie ’n grap nie. Laat weet asb. alle ander leerlinge,” het hy op die skool se Facebook-blad geskryf.

Volgens die hoof is dit nog onduidelik wat daartoe gelei het dat die meisie haar lewe geneem het. Die polisie het die voorval bevestig en genoem hulle gaan dit ondersoek.

Die leerders se ouers, wat van Makopane (Potgietersrus) af kom, was reeds Maandagaand by die skool. Die skool het intussen haar naam bekend gemaak.

LEES MEER HIER

Bron: Netwerk24

Ook op Netwerk24:

2 gestraf wat apie brandewyn en Coke voer

Komponis van Titanic-trefferliedjie sterf in vliegongeluk