Dit kom na ’n Britse studie, onder leiding van dr. Anya Topiwala, bevind het dat die huidige “matige” hoevelheid alkoholinname tot ’n verskeidenheid gesondheidskwessies kan lei.

Hierdie gesondheidskwessies behels veral die agteruitgang van ’n mens se kognitiewe vermoëns, woordeskat en sinskonstruksie.

Volgens Topiwala, wat ’n psigiatrie-dosent aan Oxford Universiteit is, moet hierdie hoeveelheid aangepas word van 21 eenhede alkohol per week tot 14 eenhede per week.

Dit beteken dat ’n mens verkieslik slegs agt biere of sewe glase wyn per week mag drink.

Volgens talkingalcohol.com, ’n SAB-Miller-webtuiste wat mense aanmoedig om ingeligte besluite oor alkoholverbruik te neem, is die SA regering se riglyne vir alkoholverbruik twee drankies per dag vir vroue en drie drankies vir mans.

Wat as matige alkoholverbruik in Suid-Afrika geklassiseer word is tans amper dubbeld die hoeveelheid wat deur Topiwala voorgestel word.