Goeie nuus vir die Suid-Afrikaanse aanhangers van die Masterchef-realiteitsprogram.

M-Net het gisteraand op televisie aangekondig dat dié gewilde reeks binnekort ‘n Suid-Afrikaanse weergawe sal begin.

Verskeie produksiemaatskappye het reeds tenders ingehandig om die program te verfilm.

Australië se weergawe was ‘n groot sukses en kom binnekort tot ‘n einde op Suid-Afrikaanse televisie.