MasterChef-beoordelaar, Andrew Atkinson, beantwoord ‘n paar van ons lesers se vrae:

Hoe hou mens ‘n mes skerp? 

Maak altyd jou mes skerp op ‘n slypsteen voordat jy dit gebruik. Maak ook seker dat jy ‘n snyplank gebruik wanneer jy kos maak, dit verhoed dat die mes vinnig stomp raak.

Raak julle ooit versadig as julle so aan die kos smul? 

Nee! Ek is ‘n masjien. Ek grap sommer net. Soms, raak mens nogal versadig.

Wat is jou advies vir jong kokke wat wil naam maak? 

Maak seker jy kan die basiese heel eerste bemeester voordat jy moeiliker disse aanpak. Moenie sommer met die deur in die huis val nie.

Is daar ‘n seisoen 2 op pad? 

M-Net sê: Ons het nog nie ‘n tweede seisoen van MasterChef SA bevestig nie. Die reeks is egter baie gewild onder kykers. ‘n Besluit oor ‘n volgende seisoen sal eers geneem word sodra die eerste seisoen voltooi is.

Kyk dit Dinsdae 19:30 op M-Net.