Volgens berigte het die verkeersknoop oor meer as 20 kilometer gestrek. Dit het by Brebes ontstaan, ’n stad op die hoofeiland, Java.
Die roete verstik jaarliks aan die einde van die heilige maand van Ramadan wanneer reisigers op pad is om Eid te vier, wat vanjaar op Woensdag plaasgevind het.
’n Woordvoerder van die vervoerdepartement, Hemi Pramuraharjo, het gesê 12 toeriste het gesterf tussen 3 – 5 Julie. ’n Verdere vyf voetgangers het gesterf toe hulle die pad wou oorsteek.

Onder die oorledenes is bejaardes en ander wat van uitputting en gesondheidsprobleme gesterf het. Volgens plaaslike mediabronne het ’n eenjarige gesterf as gevolg van die giftige uitlaatgasse.

Die dodetal op paaie tydens dié feestydperk het reeds die 400-kerf bereik. Handelaars langs die pad het ook die chaos vererger. Dit was onmoontlik vir ambulanse, selfs motorfietse, om deur die verkeer te kom om hulp aan die slagoffers te verleen. “Daar is geen spasie op die pad nie. Ons het nie ’n oplossing nie,” het Hemi gesê. Verkeersknope is nie 'n ongewone gesig nie. Maar soos een toeris vroeg in Junie opgemerk het: Neem maar eerder foto's van die kleurryke trokke.

Bronne: dailypakistan.com.pk, pulse.ng, thesun.co.uk, bbc.com