Betogende studente by die Universiteite van Kaapstad, Stellenbosch, Nelson Mandelabaai, KwaZulu-Natal, die Witwatersrand en Pretoria is besig om amok op dié kampusse te maak na die aankondiging gister dat klasgelde volgende jaar kan styg.

Honderde studente op die kampusse betoog teen verhoogde klasgelde en eis nie net dat daar geen verhoging is nie, maar dat tersiêre onderrig gratis moet wees.

Dit volg op dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, se aankondiging gister dat universiteite self oor verhogings moet besluit, maar dat voorsiening vir arm studente gemaak sal word.

Volg Huisgenoot se regstreekse dekking hier.

16:35

Die kampusrektor van die Noordwes-Universiteit se Mafikeng-kampus, prof Mashudu Davhana-Maselesele, het met studente gekommunikeer en hulle ernstig versoek om met hul akademiese aktiwiteite voort te gaan om te verseker dat dié wat hard gewerk het, hulle finale eksamens vir 2016 kan aflê.

Sy het hulle ook weer daarop gewys dat die interdik wat vroeër vanjaar deur die universiteit verkry is, steeds geldig is en toegepas sal word.

Volgens ’n verklaring van die universiteit, word die situasie op die kampus word gemonitor en veiligheidsmaatreëls is in plek om die personlee, studente en universiteitseiendom te beskerm. Volgens die verklaring gaan kampusaktiwiteite gaan voort.

"Bestuur wil weereens bevestig dat die universiteit erken dat studente en personeel, soos alle lede van ons gemeenskap, die reg het om protes aan te teken en hulle opinies en besware te lug. Wanneer hulle dit doen, het hulle egter ook die verpligting om dit vreedsaam te doen en op so 'n manier dat die regte en eiendom van ander gerespekteer word," sê die universiteitsbestuur in die verklaring.

16:10

Mediese studente van die Universiteit van Kaapstad, wat by die Grootte Schuur-hospitaal werk, is deur betogers aangesê om op te hou werk. Ingange by die universiteit word ook versper, het ’n student op kampus bevestig.

Van die mediese studente wat aan die betogings deelneem is ook ontevrede omdat van hul klasmaats vroeër vandag besluit het om eerder klasse by te woon. ’n Student het aan Huisgenoot gesê die atmosfeer op kampus is baie vyandig. 15:41 Grootskaalse skade is aan die Groot Saal by Wits aangerig. . .

Betogende studente keer dat mense kan in of uit by Wits se kampus.
15:24 Die studentedekaan by Wits word deur studente weggejaag:

15:20 Studente by Wits het hul deuntjie van vroeër vanjaar van “free education now” na “free education in our lifetime” verander. Diegene met 'n meer militante ingesteldheid reken dit dui daarop dat studenteleiers uitverkoop het.

15:00

Die afgelope uur het studente by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) by Solomon House bymekaargekom en gesing en dans.

Die studente het veiligheidsbeamptes en polisielede met klippe begin bestook. Die Great Hall se vensters is in die proses erg beskadig. Die studente het daarna by die Great Hall vergader.

Klasse by die Universiteit van Kaapstad is vir vandag en môre opgeskort. Studente het veiligheidswagte met klippe begin gooi. Volgens Pat Lucas, ’n woordvoerder van die universiteit, is die situasie by die universiteit baie onstabiel. Die groot groep studente wat bymekaar gekom het om te betoog het ook al groter geraak. Daar is ook onrustigheid op die Noordwes-Universiteit se Mafikeng-kampus. ’n Gebou is ook intussen aan die brand gesteek. By Tukkies het studente by die Aula begin saamdrom en ’n groep studente het by die ingenieursgebou betoog. By die Universiteit van Stellenbosch het studente klasse begin ontwrig en is studente uit die BA-gebou ontruim.

14:50 Die SR-voorsitter by Wits, Fasiiha Hassan, lig haar medestudente in dat 31 Wits-studente pas in hegtenis geneem is.
Betogende studente hou nou 'n massavergadering by Wits se administrasiegebou, wat hulle tot Solomon House herdoop het.
By Tuks gaan dinge net so rof! Die SR-verkiesing wat vandag moes plaasvind, is ontwrig en gaan skynbaar nie voort nie, terwyl betogende studente nou van fakulteit tot fakulteit marsjeer. Hierdie video is geneem deur 'n joernalis van Die Perdeby, Tuks se studentekoerant.
14:35 Die Universiteit van Kaapstad (UK) het klasse vir die res van die dag en Woendag afgelas. Volgens 'n aankondiging deur Ikeys se bestuur word personeel aangemoedig om aan te hou werk waar moontlik. Die UK het vanoggend deurgeloop onder gewelddadige en betogende studente wat klasse ontwrig, dosente aangerand en brandblussers uitgespuit het. Een studente het ander studente selfs met 'n sambok gedreig.
14:28 Henrico Barnard (24), voorsitterskandidaat van Afriforum Jeug, sê die studenteraad-verkiesing by die Universiteit van Pretoria is tot stilstand gedwing ná lede van die EFF-studentekomitee ’n optog op die kampus begin het.
“Ons (Afriforum Jeug), die DA en Sasco wil almal aangaan met die verkiesing. En ons almal glo dit is nodig om oor #FeesMustFall te praat. Maar dit kan môre ook gebeur.” Henrico sê ’n groep van sowat 50 EFF-ondersteuners is besig om ’n optog te hou en na verskillende klasse te stap. “Klasse gaan nog voort. Hulle is nou by die ingenieursgebou en gaan seker probeer om die kampus te sluit.”
14:25 By Wits het betogende studente privaat sekuriteitspersoneel met klippe bestook voor die Great Hall.
Studente het ruite van die Great Hall uitgeslaan en só toegang tot die gebou verkry.
Daar heers tans totale chaos en anargie op die Wits-kampus. Betogende studente se klipgooiery duur voort:
Die ingang na die Senate Hall op Wits is ook beskadig:

Vroeër vandag:

Die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit het personeel en studente vroeër vandag aangeraai om van kampus af weg te bly namate studente-opstande dáár ook woed. "Noodsaaklike dienste sal voortgaan, maar alle akademiese aktiwiteite is vir die dag afgestel," het die universiteit bevestig.

Noodsaaklike dienste wat voortduur, sluit in sekuriteit, spyseniering, skoonmaakdienste en gesonheidsverwante dienste. Ook by die universiteit van KwaZulu-Natal het singende en dansende studente na die universiteit se hoofgeboue opgeruk in proses teen die minister van hoër onderwys se aankondiging dat klasgeld volgende jaar met 8% kan verhoog.

Die Universiteit se SR-voorsitter het die skare toegespreek:
By die Universiteit van Stellenbosch se mediese kampus in Belville is die ingang Dinsdag deur betogende studente geblok, het die universitet bevestig. Op die hoofkampus het studente stelling in die Wilcocks-gebou ingeneem. Die polisie het die pad tussen die Wilcocks-gebou en die Ou-hoofgebou geblokkeer.
By die Universiteit van Kaapstad het betogende studente hul weg deur leë lesingsale gebaan ná die universiteit vroeër alle klasse opgeskort het. Betogende studente het aangekondig hulle gaan kampus tot stilstand dwing.

So het studente gister met Huisgenoot gesels: