Victoria Beckham het ’n hewige debat aanlyn ontlok nadat sy ’n foto geplaas het waarop sy haar vyfjarige dogter, Harper, op haar mond soen. “Gelukkige verjaardag, babadogtertjie. Ons is almal so lief vir jou X baie soentjies van mamma X,” het die ontwerper en voormalige Spice Girl op Instagram geskryf.

Happy Birthday baby girl We all love you so much X @davidbeckham @brooklynbeckham kisses from mummy X

A photo posted by Victoria Beckham (@victoriabeckham) on

Nie lank daarna nie is die plasing met onsmaaklike kommentaar gebombardeer.

“Oe, jammer ek is outyds, maar dit lyk kompleet asof hulle vry,” het een stukkie kommentaar gelui.

“Dit is beslis ’n passievolle soen dié … Hoop sy raak so passievol met @davidbeckham,” het ’n ander een gal gebraak.

Die reaksie was so erg dat BBC Trending kers opgesteek het by Liz Brewer, ’n kenner van sosiale etiket, en haar genader het om haar stuiwer in die armbeurs te gooi.

Mag ’n mens maar jou kind op die mond soen?

“’n Mens soen gewoonlik geen familie op die mond nie, behalwe jou man,” het sy geantwoord.

“Ek sou nie dink dis ’n baie goeie gewoonte om aan te kweek ten opsigte van kinders nie, maar dis haar kind en sy is vry om te doen wat sy dink die beste is.

“Ek sou ongemaklik voel om dit te doen en ek dink die meeste mense sou ook so voel. As sy meen dis vanpas, laat dit so wees. Ek sou nie sê dit stel ’n besonder goeie voorbeeld nie.” Ma’s wêreldwyd het, ten spyte van die kwade reaksie, Instagram gebruik om hul steun aan die “onskuldige” moederlike optrede toe te sê. “Dis vir my uiters ontstellend dat mense nou uitgeskel word omdat hulle hul liefde en toegeneentheid in die openbaar aan hul kind getoon het,” het een ma op Instagram geskryf. “Ek sal nooit ooit ophou om my kind met liefde te oorlaai nie; (kinders) is ’n kosbare geskenk en iets wat elke dag gekoester behoort te word. Ek hoop net @victoriabeckham staan sterk en sy plaas nog 100 foto’s van haar waarop sy Harper soen.”

A photo posted by CarolineC (@carolinec629) on

“Ter ondersteuning van @victoriabeckham, gee my kinders my ’n nagsoen. Absoluut onskuldig. Mense moet die werklikheid aanvaar en dit is presies hoe lekker dit is om ma te wees. Koester dit,” het Ami White laat hoor.

A photo posted by Ami White (@aminichola) on

“Ek sal my kinders soen tot ek my laaste asem uitblaas,” het ’n ander een geskryf.

A photo posted by Lynsey Green (@misslynseygreen) on

“Hierdie hele ophef oor Victoria Beckham wat Harper op haar mond soen . . . Ek het altyd my kinders op hul mond gesoen en ek sal dit altyd doen! Wat ’n simpel wêreld is dit as jy dit nie kan doen nie!” het ’n ander ma haar eiertjie gelê.

A photo posted by leanne_pirie82 (@leanne1503) on

“Soen jou kinders so dikwels as wat jy wil; hulle is joune om lief te hê en te koester.”

A photo posted by Natalie (@gymratnat83) on

Wat is jou mening oor dié foto? Soen jy jou kinders op hul mond? Sê jou sê op ons Facebook-bladsy.

Bronne: instagram.com, bbc.com