Die voorval het by die Daybreak Slagpale gebeur, wat deur die pluimveevervaardigers Daybreak Farms gebruik word.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder vir ER24, is die vrou, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, in ’n kritieke toestand per helikopter na ’n hospitaal geneem.

Sy het glo ernstige beserings aan haar arm, nek en kop opgedoen.

'n Veiligheidsbeampte by die fabriek, wat anoniem wou bly, het aan Netwerk24 gesê die voorval was nie ’n fratsongeluk nie.

LEES MEER HIER

Eskom ‘nie gekwel’ oor ses Koeberg-tegnici wat loop

Kovsies dreig glo om by Steve-konsert te betoog