Die Wet op Registrasie van Geboortes en Sterftes beskryf ’n fetus wat op 26 weke en minder in die uterus was en sterf, as ’n doodgeboorte. Die fetus kan ná 26 weke begrawe word, maar indien die swangerskap voor 26 weke eindig, kan die oorskot wetlik nie begrawe word nie. Op die oomblik word dit as mediese afval hanteer.

Sonja Smith, medestigter van die organisasie sonder winsoogmerk The Voice of the Unborn Baby, wat die dokument van 40 bladsye teen die ministers van binnelandse sake en gesondheid ingedien het, het gesê sy is verlig oor die hofaansoek.

[caption id="attachment_162845" align="aligncenter" width="600"]Twee direkteure van The Voice of The Unborn Baby, Nicci Coertze (Troosdoula) & Sonja Smith (Stigtingsdirekteur) by die Hooggeregshof in Pretoria. Twee direkteure van The Voice of The Unborn Baby, Nicci Coertze (troosdoula) en Sonja Smith (stigtingsdirekteur) by die hooggeregshof in Pretoria.[/caption]

Renaldi Ingram, wat as prokureur optree in die saak, was in die hof waar die saak tot 21 Junie uitgestel is.

[caption id="attachment_162846" align="aligncenter" width="600"]Die direkteure van The Voice of The Unborn Baby: Nicci Coertze (Troosdoula), Renaldi Ingram (prokureur) en Sonja Smith (Stigtingsdirekteur van The Voice of The Unborn Baby en besturende direkteur van Sonja Smith Funeral Group). Die direkteure van The Voice of The Unborn Baby: Nicci Coertze (troosdoula), Renaldi Ingram (prokureur) en Sonja Smith (stigtingsdirekteur van The Voice of The Unborn Baby en besturende direkteur van Sonja Smith Funeral Group).[/caption]

Sonja het ’n eedverklaring afgelê vir die aansoek. “Bestaande wetgewing skend die reg van ’n bedroefde ouer of ouers in geval van swangerskapsverlies (behalwe ’n doodgeboorte) om die dooie fetus te begrawe. Die wetgewing is ongrondwetlik en ongeldig omdat dit inbreuk maak op so ’n reg,” lui die verklaring.

Die kwessie pla Sonja, ’n begrafnisondernemer van Centurion, al jare lank.

“Ek is in 2004 na ’n hospitaal ontbied om die liggaampies van ’n doodgebore drieling te gaan haal. Toe ek by die hospitaal kom, was die babas reeds as mediese afval weggeneem.”

[caption id="attachment_162847" align="aligncenter" width="600"]Foto: Van die ouers wat baba's verloor het, Troosdoula's Nicci & Samala en traumatoloog Elize Thirion saam met Sonja Smith voor die Pretoria Hooggeregshof. Foto: Van die ouers wat babas verloor het, Nicci Samala (troosdoula) en traumatoloog Elize Thirion saam met Sonja Smith voor die Pretoria Hooggeregshof.[/caption]

En ses jaar gelede het Sonja se dogter, Nikki van den Heever (31), ’n miskraam gehad. “Die vorige voorval was heeltyd in my agterkop en ná die miskraam het ek besluit ek moet iets doen,” het Sonja gesê.

Vyftig kleurryke skoenlappers wat Sonja van Margate af bestel het, is buite die hof losgelaat om hul babas te gedenk, terwyl die groep vroue ook ’n wiegie van materiaal saamgebring het vir hul betoging.

vlinder

Met die aansoek fokus Sonja op die regte van ouers wat ’n fetus verloor het, want “’n mislukte swangerskap het ’n nadelige emosionele uitwerking op ouers.”

Sy sê is daar is geen internasionale konsensus oor hoe om die lewensvatbaarheid van ’n fetus te bepaal nie. Weens ’n fetus se klein kans op oorlewing buite die baarmoeder voor 28 weke beveel die Wêreldgesondheidsorganisasie 28-weke-swangerskappe hiervoor aan. In lande met ’n hoë inkomste word babas tot so vroeg as 22 weke gebore en oorleef.