Geniet die geure van Noord-Afrika met varkvleis met Marokkaanse speserye saam met donsige, geurige koeskoes. 

large_starters3

Jou benodighede:

45 ml (3 e) olie

5 ml (1 t) paprika

2 ml (½ t) fyn kaneel

500 g maer varkvleisfilet, in blokkies gesny

250 g koeskoes

400 ml kookwater

20 g vars pietersielie, gekap

Meng 30 ml (2 e) van die olie met die paprika en die helfte van die kaneel. Meng dit met die vleis in ’n niemetaal-bak. Bedek en marineer 30 min. Voorverhit die oond se roosterelement. Ryg die vleis op agt sosatiestokkies en rooster 15-20 min. Draai af en toe tot dit gaar is. Sit die koeskoes intussen in ’n groot bak en voeg die oorblywende kaneel en olie by. Geur na smaak. Giet die kookwater oor, bedek en laat minstens 5 min. staan. Krap met ’n vurk deurmekaar en roer die pietersielie in. Sit voor saam met die sosaties.

Besoek Checkers vir nog resepte.