Sy het foto’s van die Van Breda-gesin in gelukkige tye gedeel, maar sy het niks genoem van haar broer, Henri, wat saam met haar die bylaanval oorleef het nie berig Netwerk24.

Die 16-jarige Marli is verlede maand uit ’n rehabilitasiesentrum ontslaan.

Marli het verskeie foto’s van haar vriende, familie en spesiale vriend, James Read-Jahne, op Instagram publiseer en by die foto’s geskryf dis die mense wat sy die meeste liefhet.

[caption id="attachment_101308" align="alignnone" width="600"]Rudi en Martin van Breda. Rudi en Martin van Breda. [/caption]

Sy en Henri (20) het in Januarie ’n byl-aanval in haar ouerhuis op die De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch oorleef. Henri het geringe beserings opgedoen in die aanval.

Sy woon tans by familievriende op Somerset-Wes terwyl Henri by sy oom André du Toit bly.