Netwerk24 het Maandag berig dat

Haar pa, Martin (54), ma, Theresa (55) en 22-jarige broer, Rudi, is in Januarie dood in die aanval in hul huis op die De Zalze-gholflandgoed by Stellenbosch.

Debbie Wybrow, Marli se regsverteenwoordiger, wou nie sê hoekom die broer en suster mekaar nog nie gesien het nie.

Alhoewel Marli teruggegaan het na die moordtoneel, ly sy blykbaar aan geheueverlies en kan sy nie onthou wat gebeur het nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Marli het haar skool, die Somerset College op Somerset-Wes, besoek om met haar vriende herenig te word sodat sy weer by die gemeenskap kan inskakel.

Bron: Netwerk24