Marli van Breda (16) het Vrydag, ná sowat vyf maande, weer haar enigste oorlewende broer, Henri (20), gesien, het Netwerk24 onthul.

Hulle is die enigste twee lede van die Van Breda-gesin wat vroeër vanjaar ’n bylaanval in Stellenbosch oorleef het, wat die lewe van hul ouers Martin (54) en Theresa (55), en ouer broer Rudi (22) geëis het. mekaar nou vir die eerste keer weer gesien.

Marli is in die aanval met ’n byl teen die kop gekap en haar nekslagaar is gesny. Sy ly nou aan retrograde geheueverlies en kan niks van die aanval onthou nie.

“Marli en Henri het mekaar gesien,” het adv. Louise Buikman SC, die tienermeisie se regsverteenwoordiger en kurator, aan Netwerk24 bevestig.

“Marli was baie bly om haar broer weer te sien.”

Dit is onbekend waar dit plaasgevind het en Buikman het nie vrae daaroor beantwoord nie.

Sy het ook nie vrae beantwoord oor hoe die bymekaarkoms tussen broer en suster verloop het en of dit emosioneel was nie.

Marli het ook onlang weer na haar skool, Somerset College in Somerset-Wes, teruggekeer.

Bronne: Netwerk24, News24