Marion Cotillard het nie die Brad Pitt-gerugte kop toe geneem nie en het geweier om “energie te mors” op die stories wat haar romanties verbind met haar Allied-medester, want sy het geweet die skinderstories was onsin.

Die 41-jarige ster van The Dark Knight Rises het haar in September vanjaar in die gedrang bevind in Brad se skeiding van sy vrou, Angelina Jolie, nadat die poniepers beweer het dat ’n geheime liefdesverhouding met die 52-jarige tot die ondergang van die twee supersterre se huwelik gelei het.

Die gerug het na snelrat oorgeskakel toe dit bekend word dat Marion swanger is met haar tweede kind. Die koorsagtige geskinder het die aktrise, twee dae later genoop om Instagram in te span om die bespiegeling oor ’n affair – en die vaderskap van haar ongebore baba – in die kiem te smoor.

In ’n breedvoerige plasing verklaar die gewoonlik baie privaat aktrise die vals aanklagte kring nou buite beheer uit en dit ontstel haar geliefdes, insluitend haar ou vriend Guillaume Canet, die “pa van ons seun en van die baba wat ons verwag”.

Marion sê verder sy het nie toegelaat dat die gerugte haar enigsins ontstig nie; sy het net ’n verklaring uitgereik om die skinderstories op te klaar.

“Ek neem nooit enigiets as persoonlik op as dit my nie raak nie,” het sy op die Amerikaanse ontbytprogram Today verduidelik. “Ek het niks te doen gehad met daardie gerugte of situasies nie.” Sy het ook volgehou dié ongewenste publisiteit rondom die Robert Zemeckis-spioenasieriller oor die Tweede Wêreldoorlog het geen uitwerking gehad op haar ervaring van die verfilming van die rolprent nie. “Ek mors glad nie energie hierop nie,” het Marion verklaar. “Dit was ’n wonderlike, wonderlike ondervinding om met so ’n versiende regisseur en fantastiese akteur saam te werk, so dis al wat tel, jy weet?” Marion se opmerkings kom net ’n dag nadat Robert ook sy opinie oor die drama in die poniekoerante gelug het. Hy beaam dat vals skindery eenvoudig ’n nadelige sy van ’n mens se lewe as openbare figuur is.

“Daar is nie veel wat jy kan doen (rakende die soort van skindery) nie,” het hy aan Today gesê. Ek bedoel, dis deel van roem, maar ek gun eenvoudig elkeen sy privaatheid en probeer om die probleme respekteer waarmee hulle te doen kry.”

© Cover Media