'n Loodswaarheid het ná daai fliek in haar kom lê; so diep dat sy nie haar arms kon optel nie, so verlammend dat sy nie ’n

steek verder kon werk nie.

“Jinne, dit was erg. Ek was so moeg. Ek wou net niks doen nie; ek wou net in ’n stoel sit.”

Vra jy fliekresensente, sal hulle sê ja, ná haar kragtoer in Die Wonderwerker het Elize Cawood inderdaad verdien om net in  ’n stoel te gaan sit.

“Puik spel”, ’n “briljante hoogtepunt in haar loopbaan”, het die resensent Leon van Nierop gesê; en die fliekghoeroe Barry Ronge: haar beste rol nog, waarskynlik die beste wat sy ooit sal hê.

Lees meer in die nuutste uitgawe.