Die sangeres van All I Want for Christmas is You, gaan glo vanaand (1 Desember) ’n yslike tjek in haar sak steek ná ’n warrelwindbesoek aan ’n Pier 1-opwipwinkel. “Kom ons sê dis 45 minute,” het ’n bron teenoor die New York Daily News se Confidenti@l-kolom gesê. “Sy wil spesifiek hê daar moet kennis geneem word sy sal ‘verskyn’ en nie ‘optree’ nie. Hulle (die bewonderaars) sou daarvan gehou het as sy sou optree, maar om haar net daar te kry, is reeds die moeite werd.”

“Sy hoef niks te doen nie”

Mariah het volgens die koerant se bron glo finale goedkeuring vir die uitnodiging gegee. Sy wil die ‘koningin van Kersfees’ genoem wees.

Volgens gerugte sal die sangeres van Hero van halfagt langer as 90 minute nadat die gaste daar aangekom het, haar verskyning maak.

“Sy hoef niks te doen nie,” het die bron voortgegaan. “Daag op, wuif ’n bietjie vir die mense en gesels by ’n paar vooraf goedgekeurde verkooppunte. Sy is in die stad, hoekom dus nie al die geld maak wat jy moontlik kan nie?”

’n Verteenwoordiger van Pier 1, ’n meubel-en-huisdekor-kleinhandelsaak, het aan Confidenti@l gesê: “Ons is baie opgewonde om hierdie vakansietyd saam met Mariah Carey te werk, maar ons lewer nie kommentaar op sake-aangeleenthede nie.”

Mariah is ook besig met voorbereidings vir die Hot For the Holidays-geleentheid wat Saterdag (5 Desember) deur die kletsrymer Busta Rhymes in New Jersey aangebied word.

Die ma van twee en selferkende superbewonderaar van Kersfees, het vanjaar ’n uiters bedrywige Kerskalender – daar is ’n nuwe kinderboek wat na haar beroemde Kers-treffer genoem is en ’n feesrolprent, A Christmas Melody, waarvan sy die regisseur is, wat later vandeesmaand op die Hallmark-kanaal in Amerika debuteer.

© Cover Media