Die sangeres is aan James Packer, ’n biljoenêr-sakeman, verloof. Hy het die groot vraag in Januarie, slegs agt maande nadat hulle begin uitgaan het, gevra en aan haar ’n ring ter waarde van R115 miljoen gegee.

Alhoewel Maria en Nick Cannon nog steeds wettig getroud is, en James ook besig is om te skei, het hulle na bewering reeds begin met die beplanning van hul groot dag.

“Sy wil die grootste troue ooit hê. Sy beplan om die rol van die ‘biljoendollarbruid’ te speel en James het haar ’n onbeperkte begroting gegee,” het ’n ingeligte bron aan die Britse tydskrif Heat verklap.

Lees ook: Sewe van die vreemdste huweliksaansoeke in Hollywood

Die persoon het ook bygevoeg dat die paartjie van plan is om drie dae lank fees te vier.

“Die eerste troue sal in Australië plaasvind. Al die trougaste gaan met ’n privaatstraler Sydney toe gevlieg word terwyl verskeie strande in die omtrek afgesper gaan word,” verklap die bron. Mariah wil verder ’n hele vertrek vol nagereg hê en ’n ander een wat gevul is met vars kreef ingevlieg van die Amerikaanse deelstaat Maine.

“Daarna sal daar ’n troue in Disneyland in Kalifornië, volg, waar Minnie en Mickey Muis toesig gaan hou oor die aflegging van die beloftes.

Mariah sal in die eksklusiewe Cinderella Castle Suite bly, waar sy met ’n Aspoestertjie-koets van wit sjokolade bederf sal word. Die toilet in die suite is ’n troon van egte goud,” vertel die bron verder.

Die middelste seremonie blyk die mees spesiale een te wees en daarom draai Mariah al die krane daarvoor oop.

Mimi is glo gretig om ’n paar A-lys sangers en sangeresse te betrek om by die geleentheid op te tree.

Lees ook: Kyk: Rolene Strauss deel haar troufoto’s

“Die Disney-troue gaan beslis iets wees wat Hollywood nog nooit gesien het nie,” het die bron begevoeg.

“Mariah wil hê Beyonce, Kanye West, Michael Buble, Elton John en Prince moet elkeen iets kort sing. Sy beplan ook dat die New Yorkse simfonieorkes gaan speel terwyl sy met die paadjie afstap.”

Daarbenewens gaan Cirque de Soleil die geleentheid bywoon en optree sowel as ’n vuurwerkvertoning waartydens die paartjie se name oor die hemelruim uitgespel gaan word.

Die derde seremonie gaan in Las Vegas plaasvind, en, soos te verwagte, gaan dit ook ’n uitspattige affêre wees.

"Mimi een haar gevolg gaan die hele Caesars Palace oorneem,” het die bron aan Heat vertel.

“Mariah wil hê die personeel moet soos karakters uit die tyd van Cleopatra aantrek, dus sal die gaste deur diensmeisies bedien word en gladiatorwagte sal hulle oppas.”

© Cover Media