Barones Margaret Thatcher, wat van 1979 tot 1990 die premier van Groot-Brittanje was, is vanoggend in die ouderdom van 87 jaar aan ’n beroerte oorlede.

Dié nuus is deur haar woordvoerder, lord Bell, bekendgemaak.

Thatcher, ook bekend as die “Ystervrou” danksy haar vasbeslote leierskapstyl, is al vrou wat al die amp van Britse premier beklee het.

Sy was veral ook bekend om haar samewerking met die Amerikaanse president Ronald Reagan.

Sy het die afgelope jare aan dimensie gely en nie juis meer in die openbaar verskyn nie.

(Foto: Dan Kitwood/Getty Images/Gallo Images)