In Maandagaand se episode van kykNET se gewilde sepie, Suidooster, het Tim du Plooy na weke se vlerksleep uiteindelik die pragtige Nicci October gesoen.

 
Vir Marco Spaumer en Gerwen Simon, wat onderskeidelik Tim en Nicci speel, was dit die eerste keer dat hulle voor die kamera iemand moes soen.

“Dit was nogal senutergend want jy het amper 20 produksiemense wat jou dophou,” vertel Marco oor dié ervaring. “Soveel mense kyk hoe jy iets doen wat gewoonlik intiem en persoonlik is.

“Dit bly egter ’n professionele ding, want dit is eintlik net nog ’n dag op die job,” sê hy.

Maar, voeg Marco by, dit raak wel “makliker” as mens dit oor en oor doen.

Tans is Marco nog opsoek na die ideale maat, en hy meen daar is talle goed wat verkeerd kan loop met ’n eerste soen.

[caption id="attachment_114902" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Hier is Marco se vyf dinge wat tydens jul eerste soen kan skeefloop:

1. Jy vergeet om asem te haal. Dis dalk dan nie 'n goeie idee om Berlin se Take My Breath Away voor die afspraak te luister nie...

2. Jy verwag 'n soen, terwyl sy eintlik net nader skuif om die lig uit haar oë te kry. Ten minste weet jy nou hoe dit is om haar ken te soen...

3. As haar gesig nat is, doen jy iets verkeerd.

4. Sy's allergies vir neute en jy het toevallig by die kroeg 'n handjievol gegryp voor julle uitstap (interessante feit: Gerwen, wat Nicci op Suidooster speel, is allergies vir neute – Tim volg deesdae 'n streng geen neute-dieet!)

5. Sy bedank jou vir die lekkerste soen van haar lewe, maar vergeet jou naam – dis hier waar die rooi vlaggies moet wapper!

  • Suidooster word op Maandae, Dinsdae en Woensdae om 18:00 op kykNET en kykNET & kie. uitgesaai.

Lees ook:

Suidooster se Oom Fasie: Vind só liefde met ‘n selfie

Desiré Gardner groet Binnelanders vir Suidooster