Die One Direction-sanger, wat al met Taylor Swift (23) en Caroline Flack (33) uitgegaan het, het prins Harry (28) uitgestof toe gestem is oor watter bekende die meeste mans vir hul dogter sal kies.

Die 19-jarige Harry het volgens die verslag 54 persent van die stemme gekry in die ondersoek waarin 70 000 mans wêreldwyd uitgevra is oor alle aspekte van hul lewens, insluitende uitgaan, seks, sake en glansmense. Die rooikop-koninklike het met 24 persent net ’n kwart van die stemme gekry.

Die ondersoek verklap ook dat mans whiskey drink omdat hulle glo dit laat hulle manliker lyk, soos Mad Men se Don Draper (gespeel deur Jon Hamm). Die Queens Park Rangers-sokkerspeler Joey Barton is gekies as die sokkerspeler wat die meeste mans ’n vuishou wil gee. Hy het John Terry van Chelsea met ’n skrale drie persent geklop.