’n Video van twee mans wat bier in ’n baba-alligator se keel afgooi, het vinnig op Snapchat en Facebook versprei nadat twee mans van Suid-Carolina dit gedeel het.

Die mans, Joseph Andrew Floyd (20) en Zachary Lloyd Brown (21) het na bewering bestuur toe hulle die baba-alligator in die pad gewaar en besluit om dit te vang en agterop hul bakkie te laai.

Daar het hulle die alligator se mond oopgemaak en bier in sy keel afgegooi – en in die proses sy nek gedruk. Hulle het dit op Snapchat opgeneem en ook foto’s op Facebook gedeel.

Gebruikers het dadelik gekla oor die foto’s en die polisie daarvan in kennis gestel. Die polisie in Suid-Carolina het ondersoek ingestel en uiteindelik die mans opgespoor wat erken het dat hulle dit gedoen het.

Volgens Floyd Jr. het hulle daarna die alligator losgelaat en gekyk hoe dit in ’n nabye dammetjie wegswem.

McConchie het gepraat oor hoe die polisie van die voorval uitgevind het, en gesê: “Die foto’s is op Snapchat deur een van die kinders wat die dier seergemaak het, gedeel, mense het dit gesien, woedend geraak en skermfoto’s van die beelde geneem. Dis hoe dit onder ons aandag gebring is.”

Dit wys net weereens hoe magtig sosiale media is as dit kom by geregtigheid laat seëvier.