Terwyl die manne se bolippe al hoe krapperiger en weelderig groei, raak sommige se meisies en vrouens ewe krapperig, maar bloot omdat hulle nie van daardie snor hou nie.

Maar wag, Movember beteken mos "Kalmeer en hou op skeer" - want dis als vir ’n baie goeie doel.

KeepcalmUSE

So wanneer jy volgende keer die liefde in jou lewe oor sy harige bolip wil aanvat, moet jy jouself eers gou herinner waarom hy dit juis groei, versorg en koester.

Die Movember-beweging, waartydens manne aangespoor word om ’n snor of moestas, hoe jy dit ookal wil noem, te kweek, is ’n internasionale bewusmakingsveldtog van mans se gesondheidsprobleme soos prostaat-en testikulêre kanker.

Maar natuurlik is ons nuuskierig om te sien hoe daardie snorre van julle vorder.

Deel jul foto's met ons deur dit na web@huisgenoot.com te stuur. Gebruik die woorde "My Movember" in die onderwerplyn. So kan ons nog meer manne aanmoedig om die skeermes selektief te gebruik!

Nie alle manne se haargroei is van so ’n aard dat jy na die eerste week of twee alreeds ’n woeste groeisel aan die gang het nie. Maar een van die manne met sekerlik die bekendste snorre ooit, Peter "Snorre" de Villiers staan by met dié raad.

Meer oor Movember 1. Movember is in 2003 in Melbourne, Australië as ’n geldinsamelingsprojek begin deur ’n groep van dertig vriende wat bewusmaking wou skep vir mans wat gediagnoseer is met prostaatkanker. 2. Jy moet vir die hele maand lank jou snor laat groei sonder om dit enigsins te laat knip of te skeer. 3. Geen baarde nie! Slegs snorre. 4. Jou snor mag ook nie groei oor jou ken of langs jou wangbene nie. Snorre mag slegs op jou bo-lip groei.

A photo posted by Stuart Reardon (@stureardon) on