Manlike atlete drink nou borsmelk.

Ywerige gim-gangers het borsmelk begin drink in ’n poging om hul energievlakke op te stoot sonder die gebruik van steroïede en energie-aanvullings – hulle glo borsmelk is ’n natuurlike en volhoubare alternatief.

Jason Nash, ’n pa van vier, het ná die geboorte van sy eerste kind begin borsmelk drink. Hy meen omdat dit gesond is vir babas, is dit ook gesond vir volwassenes.

Hy het gesê: “Ek glo dit het my al hierdie jare gesond gehou.”