Die laekostelugdiens Mango het Maandag aangekondig dat hul vlugte goedkoper gaan word vanweë die laer petrolprys.

Reisigers kan byvoorbeeld verwag om R395 vir ’n enkelkaartjie van Kaapstad na Port Elizabeth te betaal. Ander pryse sal vandeesweek bekendgemaak word.

As die petrolprys weer daal, sal Mango blykbaar weer hul pryse laat daal.

Die Mango-woordvoerder Heinz Keiser het bevestig dat daar ’n noemenswaardige afname in pryse sal wees. “Ek sou sê gebruikers kan tussen 10 en 25 persent se besparings verwag.”

Die petrolprys daal weer vannag om middernag met 93 sent/L. Diesel daal met R1,02/L en paraffien met R1,36/L.

Bronne: Herald LIVE, EWN