mandela day2

Die leesmarathon sal 30 m van Mandela House op die hoek van Vilakazi- en Mvubustraat, Orlando-Wes, Soweto, op die terrein van die Phefeni Sekondêre Skool gehou word.

Aan die einde van die leesmarathon sal die twee eksemplare van die boek wat gelees en in elke afdeling deur die lesers geteken is, opgeveil word. Mediapersoonlikhede, politici, ringkop-styders, musici, kunstenaars, sportsterre en skrywers is genooi om die leesmarathon by te woon.

“Ons Mandeladag-leesmarathon steun die departement van basiese opvoeding se nasionale Lees om te lei-veldtog ten einde ’n kultuur van lees by Suid-Afrikaners te kweek,” sê Esmaré Weideman, uitvoerende hoof van Media24.

Lees ook: Nelson Mandela-tydlyn

Daar is geen beter manier om Madiba op sy verjaardag te vereer nie as om sy storie in sy eie woorde te lees op ’n plek wat “tuiste” vir hom beteken het.

In Long Walk to Freedom, by sy terugkeer na Orlando-Wes in 1990 nadat hy uit die tronk vrygelaat is, sê Mandela: “Die aand het ek saam met Winnie na No.8115 in Orlando-Wes teruggekeer.

Dit was eers toe dat ek werklik besef het ek is uit die tronk. No. 8115 was vir my die middelpunt van my wêreld, die plek wat in my sielsgeografie met ’n X gemerk is.”

Die opbrengs uit die veiling sal ’n leesreeks finansier wat ontwikkel is deur WeCan24, Media24 se vlagskip KMI- opvoedkundige program, en die opvoedkundige uitgewer Via Afrika.

Lees ook: Zelda: Mandela sal voortleef

Die Goue Reeks, voorheen net in Afrikaans beskikbaar, sal nou in Engels vertaal word en later ook in ander Suid-Afrikaanse tale.

Hierdie klassieke kinderreeks, wat in 1968 vir die eerste keer gepubliseer is, word vandag nog in baie Suid-Afrikaanse skole gebruik.

Dit sal bygewerk word en ’n splinternuwe voorkoms kry. Nuwe illustrasies en animasiekarakters wat uit die WeCan24-redaksiespan bestaan, sal gebruik word. Die karakters kan besigtig word by die aanlyn skolenuusplatform wecan24.co.za.

Die reeks is gemik op grondfase-leerders en dit sal landwyd gratis aan skole versprei word.

Besoekers aan die 32 uur-leesmarathon op 17 en 18 Julie sal genooi word om hul merk in die vorm van ’n handafdruk te laat op die “muur van materiaal” van 76 m buite die skool. Meubels sal met die materiaal oorgetrek word en dit sal aan WeCan24-skoolmedialaboratoriums landwyd geskenk word.

Ten einde meer uit te vind en om skendings te doen aan die Lees om te lei-veldtog, besoek die webtuiste media24.com/read-to-lead.