Die lewe van een van die wêreld se grootste helde is al breedvoerig in biografieë, boeke, rolprente en dokumentêre programme gedek.

Maar wie Nelson Mandela regtig is, bly ’n interessante raaisel. ’n Nuwe boek, Conversations with Myself, bied lesers waardevolle insig in die man agter die openbare figuur, deur sy persoonlike briewe, notas, dagboeke, toesprake en gesprekke met vertrouelinge.

Die boek is saamgestel deur ’n span argivarisse en navorsers van die Nelson Mandela-stigting onder leierskap

van Verne Harris.

Hulle het noukeurig ’n leeftyd se materiaal saamgevat in ’n publikasie wat, volgens Verne, die groot man “nie as heilige of ikoon nie, maar as mens’’ uitbeeld.

Madiba self sê: ‘‘Hierdie argiewe bevat spore van my lewe en dié wat dit saam met my geleef het. Dit is ’n skatkis vol verrassings, pynlike herinneringe en onbeantwoorde vrae.’’

Lees die eksklusiewe uitreksel in die Huisgenoot van 21 Oktober 2010.