Mandela: Long Walk to Freedom gaan aan die koningsgesin vertoon word.

Die Cinema and Television Benevolent Fund het aangekondig die nuwe biografiese rolprent oor Nelson Mandela sal op 5 Desember ’n glansryke première hê. Lede van die koningsgesin gaan ook daar wees.

Die jaarlikse koninklike rolprentvertoning word aangebied ten bate van die Cinema and Television Benevolent Fund. Die organisasie bied versorging en geldelike bystand aan werknemers in die rolprent- en televisiebedryf wat dit nodig het.

Die rolprent is ’n Anglo-Suid-Afrikaanse koproduksie. Die Britse akteur Idris Elba vertolk die rol van Mandela.

Brittanje se prins William het verlede jaar se koninklike rolprentvertoning, The Hobbit: An Unexpected Journey, bygewoon.