Mandla Mandela het gister by die Mthatha-streekshof opgedaag met Kenny Oldwage van die regsfirma Wadee-prokureurs aan sy sy.

Oldwage het Sizwe Mankazana in 2012 suksesvol verdedig toe Nelson Mandela se 13-jarige agterkleindogter, Zenani, in ’n motorbotsing dood is wat Mankazana veroorsaak het.

Mandla Mandela word daarvan aangekla dat hy in Oktober verlede jaar die onderwyser Mlamli Ngudle aangerand het nadat Ngudle in een van Mandela se vriende se motor vasgery het. Mandla het na bewering ook ’n pistool op Ngudle gerig, en Ngudle moes ’n noodoperasie ondergaan om ’n bloedklont uit sy brein te verwyder, berig TimesLive.

Die saak is uitgestel tot 24 Februarie.