Foto by Dave Hogan/Getty Images

Familielede van Nelson Mandela is glo ontbied na die hospitaal in Pretoria waar hy behandel word, het die Suid-Afrikaanse joernalisDebora Patta Donderdagoggend op Twitter gesê.

Volgens Nuus24 het familielede opgedaag by die hospitaal, waar Mandela steeds in 'n kritieke toestand verkeer.

Sy dogter, Makaziwe Mandela, het omstreeks 10:15 in 'n rooi Range Rover by die Mediclinic-harthospitaal se Parkstraat-hek aangekom.

Die Heilsleër het ook sy ondersteuning vir die oudpresident gewys.

"Hierdie is die stryd van 'n ou man wat 'n merk gemaak het vir die land; ons sê vir hom God het hom lief. Lig jou kop en kyk na God en moenie hoop verloor nie," het William Langa, leier van die Heilsleër, gesê.

Hy en die Heilsleër-koor het buite die hospitaal gesing en gebid.

Nuus24

Koop die jongste mode en bykomstighede in ons aanlyn-winkel. Dis veilig en maklik.