James Safechuck (36) het gesê Michael het hom sowat 100 keer oor ’n tydperk van vier jaar mishandel nadat die twee in ’n Pepsi-advertensie verskyn het toe hy 10 jaar oud was.

James beweer in hofdokumente Michael, wat in 2009 oorlede is, het die jong James oortuig die mishandeling was “liefdesdade”.

Die dokumente het gesê James het tydens die sanger se Bad-toer in 1988 gereeld ’n bed met Michael gedeel. James het gesê die mishandeling het aangehou tot hy puberteit bereik het.

’n Verhoor is vir 4 September in Los Angeles geskeduleer voor regt. Mitchell Beckloff.

Howard Weitzman, ’n prokureur vir Michael se boedel, het gesê James se eise moet afgewys word.

“Mnr. Safechuck se versoek om ’n laat eis teen die Jackson-boedel in te dien sodat hy geld van Michael se begunstigde kan verhaal, gaan hopelik van die hand gewys word,” het Howard gesê.

“Dit is ’n persoon wat vyf jaar ná Michael se dood die eis instel; dit is meer as 20 jar nadat die voorvalle na bewering plaasgevind het en hy het beëdigde getuienis gelewer het dat Michael nooit iets onvanpas aan hom gedoen het nie.”

Verlede jaar het ’n 31-jarige Australiër, Wade Robson, ’n soortgelyk eis teen Michael se boedel ingestel. Hy het ook beweer die sanger het hom as kind mishandel.

Michael, wat op 25 Junie 2009 weens ’n oordosis van die verdowingsmiddel propofol dood is, is in sy leeftyd verskeie kere van mishandeling aangekla.

Hy is in 2005 in ’n hofsaak in Kalifornië van mishandeling vrygespreek en het in 1994 ’n skikking van sowat R160 miljoen [sowat R4 miljoen in 1994] betaal oor bewerings deur ’n ander kind.

Bron: Sapa-AFP/mjs