’n Man wat dood verklaar is, het in ’n lyksak wakker geskrik.

Walter Williams, ’n inwoner van die Amerikaanse deelstaat Mississippi, is die aand van Woensdag 26 Februarie deur ’n lykskouer dood verklaar. Hy is toe in ’n lykskak gesit en na ’n begrafnisonderneming vervoer waar hy gebalsem moes word, maar werkers het agtergekom die lyksak beweeg.

Toe die werkers by die begrafnisonderneming besef Walter lê en spartel in die die sak, het hulle dit oopgemaak en hom na ’n hospitaal gehaas, waar hy nog aansterk.

Die lykskouer vermoed Walter se pasaangeër het dalk tydelik ophou werk.

“Ek weet nie hoe lank hy nog hier gaan wees nie, maar hy is nou hier; dit is al wat saak maak,” het hy aan ’n plaaslike TV-kanaal, WAPT TV, gesê.